Kontak ons

Die gerestoureerde Hugenote Gedenkskool, wat op 14 Maart 1883 as die eerste amptelike Afrikaanse skool geopen is, is op die plaas Augusta Kleinbosch geleë. Augusta Kleinbosch lê aan die voet van die Klein Drakenstein-berge in Dal Josafat in die wynlande tussen die Paarl en Wellington in die Wes-Kaap in Suid-Afrika.

Kontak Francois du Toit vir privaattoere na die Gedenkskool.

Telefoonnommer: +27 84 500 7640

E-pos: info@hugenotegedenkskool.co.za

Besoek ook die Facebookblad by www.facebook.com/hugenotegedenkskool

Trustees:

Mnr. Ritz S de la Bat (voorsitter); mnr. Johan du Plessis (ondervoorsitter); dr. Carel H Stander (penningmeester), me. Isabeau Botha (sekretaris), me Janine Brown; prof. Pieter Coertzen; dr. Lourens du Toit; mnr. Francois Lötter.